Ticketing
Description
Sessie 1 - Waar is ek nou?
Met die onseker tye en die feit dat COVID die kinders se sosiale konteks kom versteur het is baie kinders op 'n emosionele roller coaster. Dan goed, dan sleg en eintlik is daar net geen manier om my identiteit te vestig en te verstaan nie. Geen maats om te help vorm nie en sosiale afstand wat dinge nog moeiliker maak. Sessie 1 kyk na die kind se huidige verstaan van sy of haar eie emosionele posisie en of hy/sy O.K. is of nie? Ons gaan ook kyk na wie of wat vorm en veroorsaak my emosionele toestand, Mense of God?
Sessie 2 - Hoe weet ek dat ek OK is?
Ons vat die emosie konsep verder en ons gaan kyk na wat is waarheid en wat is leuens. Wat wil die vyand in ons vestig en waarna toe lei dit? Ons gaan ons emosies beitjie bekyk. Is ek op die arogansie stadium (weet alles en het niemand se hulp nodig nie)? Is ek in die put? Kan nie meer die dinge om my hanteer nie? Het ek dalk myself in 'n plek gekry waar ek nie weet hoe om uit te kom nie? Ons gaan praat oor vergifnis - daar is dalk dinge wat my terug hou omdat ek nog steeds loop met issues wat en nie mee gedeel het nie en soms moet ek myself vergewe vir waar ek myself ingekry het.
Sessie 3 - Bly Hoop en Droom
Die waarde van hoop en drome. Hier gaan ons kyk na wat ons nodig het om dinge te verander. Dis soos die ou FM Radios wat jy nog met die knop moet draai om op die stasie te kom, en as hy net bietjie af is, dan maak die ding 'n geraas en jy hoor nie so lekker nie. Hoe goed is jy met God "in ge-tune?" Hoor jy God se stem en Sy leiding om jou lewe te rig en jou te help om die regte pad te loop? Wat is dit wat jou van die frekwensie af vat? Hoe hanteer ek dit en hoe kom ek weer op die stasie?
Sessie 4 - Reset
Wat is die vrugte wat in jou lewe groei en wat is die sade wat jy in die grond insit. Wat jy saai gaan jy maai, As jy net slegte gedagtes oor jou toekoms het, kan jy verwag om 'n slegte toekoms te hê. Ons gaan kyk na nuwe drome, en saam met dit nuwe hoop. Ons wil die pad van hier af met Jesus stap en Hy moet ons lei in die regte rigting. Ons wil nie net oorleef nie - ons wil LEEF!!! Ons wil 'n verskil maak in die toekoms. Ons wil groepsdruk verander - Act like a Christian and don't be shy about it!.
Na Middag Ete ry ons kaskar, Trek tou, doen sak resies en eier gooi. Daar is water ballonne en water spele en ons gaan net onsself gaatte uit geniet. Dis tyd vir LEEF!!!
O ja, en as jy vir Frederick ken of al voorheen op 'n kamp by ons was sal jy weet wat die middag verrassing inhou - dit het iets te doen met 'n fiets, 'n koelboks, en 'n klokkie... 
As die ouers wil bespreek vir die kamp kan hulle dalk deurgaan as tieners as hulle op hulle knieë deurgaan