Ticketing
Description
Ons praat oor Vrees.
Vrees vir die Dood
Vrees vir Veiligheid
Vrees vir Verwerping
Vrees vir Verlies
Leuens vind hulle weg in die lewens van gelowiges deur Trauma en ander gebeure wat ons geloofsfondasies skud. Kinders ervaar hierdie emosies meer intens aangesien daar nog nie 'n verwysingsraamwerk is om die emosies aan te toets nie. Die kinders gaan leer hoe om te onderskei tussen waarheid en leuens deur spel.
Ons gaan nie die kinders besig hou met lang lesings nie. Die lesse word geleer deur speletjies. Waarhede word in die speletjies ontsluit deur voogde wat die situasies ontlont en kinders lei om die waarheid te ontdek.
Ons gaan lekker speel en lekker eet. Onthou tog dat dit vinnig koud kan word op die plaas. Sorg dat die kinders 'n warm baadjie saambring, en ook hulle lus vir speel en pret.
Covid reëls geld. Daarom is dit belangrik om te bespreek. Kinders sal nie toegelaat word om op die bus te klim as hulle koors het of in die laaste twee weke blootgestel is aan persone met Covid nie.